Olimpiese Somerspele 1984

Spele van die XXIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1984

Gehou in Los Angeles, Verenigde State
Deelnemende lande 140 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 6 829 (5 263 mans, 1 566 vroue)[1]
Items 221 in 21 sporte[2]
Openingseremonie 28 Julie 1984
Sluitingseremonie 12 Augustus 1984
Amptelik geopen deur President Ronald Reagan[3]
Atlete-eed Edwin Moses (atletiek)
Beampte-eed Sharon Webber (gimnastiek)
Olimpiese vlam Rafer Johnson (atletiek)
Vorige Spele 1980: Moskou (Sowjetunie)
Volgende Spele 1988: Seoel (Suid-Korea)

Die Olimpiese Somerspele 1984 (Engels: 1984 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXIIIste Olimpiade, is tussen 28 Julie en 12 Augustus 1984 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Geen ander stede het aansoek gedoen om die Spele te organiseer nie en daar was dus geen stemming nie.

Los Angeles Memorial Coliseum

Verskeie lande het die spele geboikot omrede die Verenigde State die Spele in Moskou geboikot het. Van die lande sluit in: die Sowjetunie, Duitse Demokratiese Republiek en Kuba. Albanië, Libië en Iran het weens ander redes – vermoedelik politiese – hierdie spele geboikot. Desondanks het 140 lande deelgeneem, 'n nuwe rekord.

Die Olimpiese Winterspele 1984 is in Sarajevo, Joego-Slawië, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1984 vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, gehou, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, gehou is.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search